VISIT

BARRYDALE

Event Info

Date: Saturday, 3 August 2019
Time: 7pm
Where: Karoo Art Hotel
Info:

Breek weg na die kaggelvure en soete verleiding van wit en rooi Muskadel in die Klein Karoo by die Karoo Art Hotel op Barrydale. 
Sit aan by 8 feesetes op verskillende Saterdagaande, gekook deur raakvat-kospersoonlikhede en sjefs. Geniet uitsoekwyne van beroemde wynmakers van ons topwynplase. 

Ontdek geure en smake in kos en wyn, insluitend wit en rooi Muskadel, soos nog nooit tevore. Dis groot bederf. Die hotel bied weggeepryse vir verblyf  aan. Jy kan ook ‘n naweek daarvan maak deur al Vrydagaand teen spesiale tariewe in te boek.

-----------

Jare gelede was daar ‘n eendaagse muskadelfees op Montagu. Toe kom die Suid-Afrikaanse kosgoeroe, Peter Veldsman, ‘n liefhebber en bewonderaar van muskadelwyne vorendag met die idée om ‘n reeks feesetes by ‘n vriend van hom, Theo Nel, se Karoo Art Hotel op Barrydale te hou. Maar meer nog: ‘n deel van die hotel word ingerig as muskadel museum en muskadel produsente, wat in die museum verteenwoordig is, word op 12 Oktober ingehuldig as Ridders van die Muskadelstok.
Die agt feesetes wat die hooffees voorafgaan word deur Suid-Afrika se top sjefs en meesterwynmakers aangebied.

FEESETE 1, Saterdag 13 Julie:  Die Joubert kwartet met Meyer, Cobus, Schalk-Willem en Emile Joubert. Celia Rabie en haar dogter Inemari kook Italiaanse geregte en ook die van die Luberon en Suid-Afrika ter ere van die lande van herkoms van die Jouberts. Wyne van oor die water, Cordoba en Joubert-Tradauw en vanselfsprekend ook muskadel sal voorgesit word.

FEESETE 2, Saterdag 20 Julie: ‘n Fees van Kaapse kos gekook deur Louis van Reenen met top wyne van Hermanuspietersfontein. 

FEESETE 3, Saterdag 27 Julie: Dinamiese kosskrywer en kok, Marlene Van der Westhuizen, toor met Delaire wyne en hemelse kos.

FEESETE 4, Saterdag 3 Augustus: Twee Karoo susters, beide met kookboeke agter hul name, Annatjie Reynolds en Marietjie Koekemoer Swanepoel, kook hartskos uit die Karoo met passende wyne van Muratie en Kontras!

FEESETE 5, Saterdag 10 Augustus:  Errieda du Toit en Daleen Van der Merwe kook uit Errieda se nuutste kookboek “Saam” en De Grendel skink bypassende wyne.

SAUDI FEESETE 6, Saterdag 17 Augustus: Meester sjef, Johan Odendaal, kom spesiaal van Saudi Arabië om die kos van die woestyn tot by Indië en terug na Suid-Afrika voor te sit. Hierdie is ‘n mees uitsonderlike eetervaring wat nie om elke hoek en draai gevind sal word nie.  ‘n Moet vir alle smulpape. Spesiale bier en ‘n keur van muskadel pas hierby.

FEESETE 7, Saterdag 14 September: Nog ‘n kosskrywer, Vickie de Beer van Rooi Rose faam, met ‘n voortreflike spyskaart en spog wyne van Allesverloren.

FEESETE 8, Saterdag 28 September: Rapport se kosskrywer Anel Potgieter en RSG se Martelize Brink gaan alaml met kos en wyn verras.

Inwyding van die Muskadelmuseum by die Barrydale Karoo Art Hotel
Saterdag 12 Oktober 2019
11h00 (elf uur)

Verwelkoming: Theo Nel
Openingstoespraak: Swepie le Roux 
Inhuldiging van die Ridders van die Muskadelstok: Peter Veldsman
Muskadelproe 

Middagete
Die personeel van die Karoo Art Hotel op Barrydale en Suid-Afrika se mees bekroonde kosghoeroe, 
Peter Veldsman, span kragte saam om ‘n smullekker feesete op te tower.

----------

VERBLYF IN DIE KAROO ART HOTEL

Gaste wie die muskadelfeesetes bywoon kan teen weggee pryse  in die hotel  oornag. Daar is twee tipes akkomodasie: Groot Karoo kamers en Klein Karoo kamers. Vir een nag per twee persone  in ‘n  Groot Karoo kamer is dit R650 per persoon wat deel en R900.00 vir ‘n enkel persoon.  Vir een nag per twee persone in die Klein Karoo kamers is dit R500 per persoon wat deel. ‘n Enkel persoon betaal R800.00.

Die hotel bied ook die voormelde spesiale tariewe aan vir diegene wat vir die hele naweek (Vrydagaanden Saterdagaand of Saterdagaand en Sondagaand - of al 3 nagte!) wil inboek. Wanneer di ehotel vol loop, kan gaste inboek by nabygelee gastehuise,die kontakdetail waarvan op daardie stadium  dan deur die hotel versprei sal word aan almal wat wil kom saam eet.

Rig alle navrae per e-pos aan reservations@karooarthotel.co.za

Die hotel neem geen telefoniese navrae nie – slegs per e-pos asb.

---------

Volledige inligting slegs per e-pos by reservations@karooarthotel.co.za

Sien volle program op www.karooarthotel.co.za

MUNICIPALITY

  

​Phone: + 27 (0) 28 514 8500


Fax: + 27 (0) 28 514 2694


Website: www.swellenmun.co.za

Located: 49 Voortrek St, Swellendam

Website by The Locals

© All rights reserved.