VISIT
BARRYDALE

Event Info
Date: Saturday, 10 August 2019
Time: 7pm
Where: Karoo Art Hotel
Info:
Ek vertel jou graag van die fees-ete by die Karoo Art Hotel In Barrydale wat ek en my kospêl Daleen Van der Merwe SAAM kook. (Dis deel van die hotel se reeks winterfeesdinees in oploop tot die Muskadelfees.) Deel groot asb die post.
Kom eet en kom bly oor – die hotel het spesiaal hul verblyftariewe spotgoedkoop gemaak . Ons maak ‘n naweek daarvan.
Bly sommer 2 nagte oor as jy kan, om die Klein Karoo omgewing en die dorp behoorlik te geniet.
Die Karoo is groot maar die hotelletjie is klein met slegs 15 kamers- en slegs 40 plekke aan tafel. Boek dus spoedig vir SAAM deur te skryf aan –
SAAM Fees-ete
Saterdag 10 Augustus 2019 19h00 (7nm.)
“Errieda Du Toit – Huiskok evangelis, Die Burger kosrubriekskrywer en nou betrokke by KykNet se Kokkedoor reekse, saam met kookboekghoeroe Daleen van der Merwe bied geregte uit SAAM, Errieda se nuwe kookboek wat eersdaags uit die Struik-stal verskyn aan.
“SAAM” is ‘n unieke publikasie, gewy aan die gemeenskapkookboekies waarmee vroue fondse ingesamel het. Errieda het ‘n eeu van publikasies begin versamel, bestudeer en toe so effe tong-in-die-kies “Saam” saamgestel.
Elke resep op die SAAM spyskaart het sy eie kleurvolle storie en elke gereg is so geurryk soos die era waaruit dit kom. Daleen Van der Merwe, voormalige uitgewer van bykans 90 kookboektitels kon met haar praktiese ervaring ‘n restaurateur wees –
SAAM met die kos kom De Grendel spogwyn en hul De Grendel Vonkel-cider Three Spades. “
Die Grafiese Kunstenaar/kosstilis Hannes Koegelenberg sorg by die ete vir ‘n paar funky tafelverrassings geinspireer deur die kerkboekie-genre.
4-gang maaltyd met wyn R500 pp.
SAAM Spyskaart
Voorgereg:
Miss Birkett se tuintamatiesop met bros kaasbeskuitjies
Tussengang:
Koue beestong met spek-en-amandel-mosterdvorm
Hoofspyse:
Hoenderpastei met suurroomkors
Gemmerkoekie-frikkadelletjies
Pampoenpoffers met witmuskadelsous
Bredasdorp rolbalklub se rys in ‘n thermofles
VLV-Lettie se sewelagieslaai
Soetigheid:
Rooi muskadel malvapoeding met malvablaar-sorbet
Koffie met noorsies (noorsdoring-kontreikoekies)
Terloops:
SAAM (SHARE IN ENGELS) word deur Penguin Random House Struik uitgegee en sal Oktober op die rak wees.
Bespreek:
(noem jy bespreek vir SAAM op 10 Aug).